Ga naar inhoud

Nieuwe Kia Rio komt 2011


Smart

Aanbevolen Berichten

  • 1 maand later...
  • Reacties 55
  • Aangemaakt
  • Laatste Reactie

Top Posters in dit Topic

Top Posters in dit Topic

Geposte Afbeeldingen

  • 1 maand later...

Kia Rio in de Zuidafrikaanse pers:

Blame it on Rio.

Onthou daai titel. Want eendag gaan jy ’n foto-album nadertrek en vir kleinkind vertel: “Nou kyk hier, Seun, laat Oupa jou nou vertel hoekom hy van Europese waens na Koreaanse karre, na Kia, oorgeslaan het.”

En jy sal min of meer, sonder om dit te weet, ’n Donen-fliek­titel aanhaal: “Blameer dit op daai Rio.” Of andersom gestel, van die positiewe kant af: “Dis aan hiérdie een te danke, hierdie Rio wat in November 2011 op onse oewers geland het.”

Wat ’n pragtige motor!

En ja, die nuwe Kia Rio sál so aangrypend wees, sal hy nie, want hy vloei volledig uit die pen van ’n moderne meester genaamd Peter Schreyer.

Daar’s min motorontwerpers wie se naam deesdae so dikwels soos Schreyer s’n genoem word. ’n Dekade gelede was dit Chris Bangle, nie omdat Bangle so goed was nie, maar omdat hy so sleg was. Bangle het tóé nog BMW’s ontwerp.

Deesdae praat almal oor Schreyer omdat hy so goed is. Kyk na sy moderne reeks Kias: die Sportage, Cerato, Optima en Picanto.

En beskou nou hierdie nuwe Rio van aangesig tot aangesig. Mensig, maar hy’s mooi, van die sterk, aggressiewe neus tot by die skoon, elegante stert.

Dit begin natuurlik met ’n nuwe interpretasie van Kia se korporatiewe “tierneus”-gesig, ’n ontwerptema wat identiteit aan Kias gee sodat jy alle Kias van ’n afstand af as Kias sal herken.

Kyk na enige van die motors wat hierbo genoem word en mens wonder nie meer tot watter motorfamilie hulle behoort nie. Mens wéét – onmiddellik, ná een enkele kyk – dat dit ­Kias is.

Dít was Schreyer se eerste taak nadat hy in 2006 as Kia se nuwe hoofstileerder nadergeroep is, om ’n korporatiewe identiteit vir die vervaardiger se motors te vestig.

Die tweede taak was om Kias aantreklik genoeg te maak om, selfs net wat voorkoms betref, in die mark mee te ding.

In hierdie opsig het Schreyer duidelik ook geslaag; feitlik in elke segment wat die maatskappy meeding, is sy motors van die allermooistes.

Kyk dan net hoe staan daai Rio op die pad: stewig en selfversekerd, veral op die TEC-model se opsionele 17”-allooie in sy effens uitgeboude dubbel­radius-wielboë, laasgenoemde nes ’n Audi s’n.

En raai waar kom dáái idee vandaan? Van Schreyer af, in sy dae – amper al twee dekades gelede – toe hy nog hoofstileerder in Ingolstadt was.

Nóg ’n tipiese Schreyer-ontwerptema is ’n skoon, sterk skouerlyn wat met ’n wig van voor na agter klim, op ’n hoogte wat ’n lekker sportiewe verhouding tussen metaal en glas daar stel: min of meer twee derdes van die motor se totale hoogte in metaal, ónder die skouerlyn, en een derde in glas, bó die skouerlyn.

Die Rio doet dit presies só. Einste ook lê die voorruit teen ’n stewige hoek na agter terug, terwyl die glasgedeelte van die agterste luikdeur ordentlik na vore knop om ’n lae, vaartbelynde dak en daarom ’n sportiewe profiel te waarborg.

Kombineer al hierdie dinge met die motor se wig wat op ’n natuurlike manier na vore leun en jy gaan lank soek om ’n pakket op die pad te vind wat ’n beter integrasie van elegansie en doelgerigtheid lewer.

En dís Schreyer se genialiteit: dat hy soveel karakter in motors kan inbou sonder om skoonheid prys te gee.

’n Pragtige voorkoms tel dan as ’n goeie begin vir die nuwe Rio.

Verrig hy soos hy lyk? Is die motortjie waarlik sportief?

Wel, nee, nie heeltemal nie. Wat meganika en dinamika betref, staan die Rio in ’n ontwikkelingsfase waarin die Hyundai-Kia-konglomeraat op deeglike en betroubare eerder as opwindende ingenieurswese konsentreer. Bygesê, enjins het die afgelope tien jaar spesiale aandag geniet, en die Rio se 1.4 liter-viersilindertjie (79 kW, 135 Nm) hardloop lekker skoon en glad. Op Randse hoogtes bo seevlak (1 650 m) moet mens die Rio’tjie se ratkas nogal roer as jy vinnig wil versnel of verbysteek. Maar wat, vir sy slagvolume lewer die 1400 ordentlike krag.

Hoe die 1.2 liter die Rio se lyfie van omtrent 1 000 - 1 100 kg (afhangend van enjin, ratkas en toerusting) gaan trek, weet ons nog nie aangesien die 1200’s tans nog uit Korea verskeep word, maar solank jy nie haastig of ongeduldig is nie, sal hy óók sy ding doen, te oordeel na verrigting in kleiner Kias/Hyundais.

Die maatskappy se ratkaste het ook die afgelope drie jaar heelwat verbeter, en die Rio se sesgang skakel met ’n skoon, positiewe aksie.

Die verblydendste van alles is egter dat Kia stadig maar seker die kuns van elektriese kragstuurstelsels onder die knie begin kry. Die Cerato se stuur lei nog aan kwale, die Picanto s’n sal van hierdie week af die nuutste stellings uit Korea kry en die Rio se stuur is, nou ja, nie aller-akkuraat nie, maar darem met ’n taamlik goeie en konstante gewig belaai.

Daarbenewens spog die motor­tjie met ’n mooi kajuit, goeie plastieke, lekker ruimte en fantastiese toerusting. Die 1.2 begin met twee lugsakke, ABS-remme met EBD, kragvensters en -spieëls, radio/1CD-klank (met MP3/iPod/USB-skakelpunte), lugversorging, satellietbeheer van die stuurwiel af, asook sentrale sluit/immo/alarm-gerief. Die 1.4 voeg misligte, outo-lig­beheer en leer op die ratkierieknop en stuurwiel by. Daarby spog die 1.4 TEC ook met kant- en gordynsakke, leersitplekke, outo-lugversorging, outo-reën­veërs, allooi-pedale, LED-ligte voor en agter, asook agterste parkeerhulp.

Dis nie ’n bekvol nie; dis bekke vol. Vergelyk dit met prys­teen­stan­ders se spesifikasievlakke en dit raak deesdae amper onmoontlik om by ’n Kia- of Hyundai-handelaar verby te stap sonder dat dit aan jou doen wat daai lys vrouename in Donen-flieks op so ’n verruklike manier vermag: dat jy na jou asem snak.

Blameer dan maar die Rio, as jy – nes Michael Caine in die moewie – sommer verlief ook raak.

Link naar reactie
Delen op andere sites


Doe mee aan dit gesprek

Je kunt als gast nu eerst posten en gelijk daarna registreren. Als u al een account hebt, meld u dan nu aan om te posten met uw account.

Gast
Reageer hier op dit topic...

×   Geplakt als RTF formaat tekst.   Plak in plaats daarvan als platte tekst

  Er zijn maximaal 75 emoji toegestaan.

×   Je link werd automatisch ingevoegd.   Tonen als normale link

×   Je vorige inhoud werd hersteld.   Leeg de tekstverwerker

×   Je kunt afbeeldingen niet direct plakken. Upload of voeg afbeeldingen vanaf een URL in.




×
×
  • Nieuwe Aanmaken...